Back Button
Sign Up

Club Cricket - BevCric ELITE

Hosted By
Venue
Various Schools
Info

Geagte Gr2 krieket ouer en speler.

Baie geluk met julle nominasie om deel te word van die BevElite program.

Daar is tans ongeveer 200 spelers wat aan die liga deelneem, slegs ongeveer 50 word genomineer op grond van prestasie, om deel te word van ons BevElite program, waarvan die beste 28 spelers gekies word.

 

 Ons het ‘n addisionele indeling in die Titans krieket unie se klub liga gekry om 2 spanne saam stel wat volgende kwartaal daarin gaan deelneem.

Dit is volwaardige krieket en sal ‘n BAIE goeie geleentheid vir spelers bied om aan kompeterende krieket gewoond te raak met die oog op die skool liga hierdie jaar.

Hierdie geleentheid gaan spelers beslis ‘n voorsprong gee in hulle voorbereiding vir die skool seisoen.

Indien jy wil deelneem, gaan registreer op die volgende link:

Oefeninge gaan by Hoêrskool Eldoraigne en Laerskool Rooihuiskraal plaasvind.

Rooihuiskraal sal in die week, 15H30 – 17H00 (Klein groepe ) plaasvind terwyl Eldoraigne op n Vrydag middag 16:00 – 17:30 ( Span verband ) gaan wees.

Kostes beloop R 800 p/m x 4 vir die seisoen en sluit die volgende in:

  • Afrigting sessies · Wedstryde
  • Hemp, pet & bal · Alle registrasie fooie
  • 4 x Aksie krieket wedstryde by Midstream Action Sports

  Daar sal met al die genomineerde spelers wat geregistreer het, in kontak getree word vir die proewe datum.

Om te registreer, kliek asb op die link: BevElite - Ezievent

 

Vir meer info, kontak Hannes Maasdorp by 0786978103 of hannes@centurioncricket.co.za

Entry Fee Options:
Once off
R3200.00
4 x monthly payments
R800.00
Last Date To Register
2020-02-29
Start Date
2019-09-10 19:00:00
End Date
2020-02-29 19:00:00
Terms & Conditions